Jongste aktiwiteit:

jy is my sonneskyn

jy is al my sonskyn enigste sonskyn
jy maak my bly voel altyd jy nooi
as swaar wolke grys en mistig hang
is jy my sonskyn my eie sonskyn

noointjie jy kan nie weet nie
hoe liefling hoe ek jou liefhet
wees spyt bring die môrelig
en altyd sal ek jou bemin

gisternag toe ek slaap my nooi
was jy in my arms vasgehou
word ek wakker maar sonder jou
my kop hang ek huil vir sonskyn

wanneer grys donker onheilswolke dreig
is jy my sonskyn, al my enigste sonskyn

~ * ~

die son skyn nie sonder haar nie
daar is nie troos as sy weg is nie
ysig reën swart stormwolke daal
daar is geen son daar is geen daglig

hartverskeur bedroef daar is geen troos
verdriet trane en kommer sonder rus
verlaat eensaam alleen versaak verlore
die son skyn nie sonder haar nie

ek wonder waar sy is wonder kom sy terug
ons huis is leeg elke dag is dit net ek alleen
hartseer pyn en smart sorge’s wolke sak
daar is geen son daar is geen daglig

lang nagte net wanhoop liefde’s gemartel
grys en grou duister mistig swaar wolke
daar is geen son daar is geen daglig
die son skyn nie sonder haar hier nie

daar is geen son daar is geen daglig
daar is nie sonskyn sonder haar nie

~ * ~




1 Kommentaar

  • Tom Brown

    Dit is Afrikaanse lirieke vir die baie bekende: You are my sunshine; Ain't no sunshine. Dit is eerder meer somber en hartseer en behoort baie mooi te kan wees met die regte musiek en sanger.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed