
gleuf
hier waar hy sit
op platkruin van sy duin
met blou golwe uitgestrek
voor hom tot oor ronde horison
is daar vlietende oomblik van skadu
wanneer meeu oor sy sitplek gaan
so is daar oomblikke waar iemand
gleufie van my siel sal ervaar
as woorde oor jou sweef
woorde wat waarneem
jou sien sit in jou tuin
miskien sal skadus
vermeng en vlieg
saam sweef oor
duineveld
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.