Jongste aktiwiteit:

verwagting

daglig sak af in sy nagtelike graf
stadig verkleur die horison blou
saggies waai windjie seelanges
bring heerlike sout gegeurde lug

see se geluide kom oor my duin
trek sag oor donker fynbos land
breek van golwe kraak die stilte
met reelmatige stakato klanke

lawaaierige vakansie gangers
breek deur die vroeg aandlug
braaivleis reuk teug deur lug
versprei oor duineveld in wind

op my duin is daar stille vrede
wat sal more se nuwe dag bring
onder son se nuutste geboorte
uit donker nagtelike moederskoot

©Teárlach




2 Kommentare

  • See-Jay-El

    Tearlach, jy het iets ongeloofliks vasgevang in die eerste twee strofes van die gedig. Mens kan letterlik die see se spoel en terugtrek oor die sand ervaar, die sout in die lug proe. "Met reëlmatig stakato klanke," is 'n baie besondere beskrywing. Dit laat mens vies voel vir die versteuring wat in die derde strofe plaasvind, want die rustigheid van die eerste twee strofes ontbreek in die laaste strofe. Amper so kontrasterend dat "stille vrede" eintlik 'n onstuimigheid skep. Verskoon my kommentaar ek is geen ekspert. Maar jou eerste twee strofes van die gedig is werklik ongelooflik!

    • Tearlach

      Baie dankie vir jou gesprek oor my gedig See-Jay-El. Ek waardeer elke moontlike kommentaar op my werk. Ek self het maar self begin skribbel en skryf, en nie soos baie met die taal groot geword nie. Ek gaan na aanleiding van jou woorde weer kyk na hierdie werk en dalk heel ander derde en vierde strofes uitkrap. My probleem is altyd om weg te bly van sedepreke in my gedigte. ha ha Nogeens baie dankie. geseënde Christusfees vir jou en jou mense.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed