Die “Nuwejaarsvieringe”
Nuwejaarsvieringe skop af met ‘n heerlike dans, die onlosbare deel van die pret. Dan ‘n lekker braai, of net ‘n heerlike aandete saam ‘n groepie vriende by die huis.
Om middernag het ons mekaar omhels, gesoen en ‘n gelukkige Nuwejaar toegewens! Ons gil van blydskap, deel seënwense en soene uit en hoor konstant klap geluide.Almal, neem deel aan die jaarlikse ritueel, om wense uit te spreek. Klappers, vonkelwyn, die regte tyd om te trou en dan die naberou. Elke nuwe jaar het sy nuwe drome, maar wat kan dan nou verander ” die selle ou storie” oor en oor. Tog is daar meer om voor dankbaar te wees, als is nie net dowwe kluite op ‘n doodskis. Gee aan “nuut” nuwe betekenis, gebede in ‘n kerk, of ‘n beter verhouding met jou familie… Pak die jaar positief aan, maar oppas vir gevaarlike passiviteit!
Die eerste viering van die koms van ‘n nuwe jaar was in Mesopotamië (Irak) in die omgewing van 2 000 jaar VC. In die vroeë Romeinse kalender was 1 Maart die begin van die nuwe jaar. Bygelowige ritusse speel selfs vandag ‘n rol in Nuwejaarsvieringe. Aangesien Nuwejaarsvieringe dikwels gekenmerk word deur oordadighede, en onwelvoeglikheid. Nuwejaarsvieringe het sy oorsprong in heidense gebruike. Tradisie wat oorgedra word van geslag tot geslag, Dit kan sowel in ‘n positiewe of negatiewe sin gebruik word, Dit laat mens dink – wat is die nut en sin in tradisies vir kinders, gesinne, families en ons kultuur? Nuwe jaar in die Kaap is altyd ‘n gesellige jolyt, die stokou tradisie van Nuwejaarsviering sorg vir groot vermaak. Die strate is dan behoorlik geswel met al die toeskouers.
Die Nuwejaarsviering het in werklikheid Kersfees vervang. Soveel vreugde en blydskap word ervaar, die opwinding oor die betowering wat dit ontlok is soms oorweldigend. Die klokke, jille en gille laat my soms in ‘n harwar, en ‘n beklemming voel oor die jaar wat voorlê. Iemand moet nog net vir my verduidelik waarom ‘n groot deel van die mensdom, insluitend Suid-Afrikaners, dit nodig vind om hulle self op Oujaarsaand (hoofsaaklik met drank) te verwoes met die ydele hoop dat dinge die volgende dag gaan verander.
Op verskeie plekke en tye dwarsdeur die Middeleeuse Christen-Europa is die nuwe jaar op 25 Desember gevier, saam met die geboorte van Jesus, die sg. Maria-boodskap op 1 Maart, en die Paasfees op 25 Maart. In 1582 het Pous Gregorius die viering van nuwe jaar op 1 Januarie heringestel ingevolge die Gregoriaanse kalender, wat ons vandag nog het, waarvolgens die jaar 365 dae sou hê.
Dit is ’n feestelike tyd van die jaar, maar op die vooraand van ’n nuwe jaar – ’n nuwe begin – is dit ook tyd vir stilword en refleksie. ’n Jaar is amper verby – 365 kanse wat jy gehad het om ’n verskil te maak in iemand se lewe. Wat het jy in 2018 gedoen? In ’n tyd van refleksie behoort dít boaan die lys van voornemens te staan: om die bande wat ’n gesin aan mekaar bind – en dis méér as bloed – in die nuwe jaar te verstewig. Om mekaar te koester en te beskerm, nie net teen aanslae van buite nie, maar veral teen die woede van binne. Misdaad en korrupsie is die resultaat van die morele verval wat Suid-Afrika in 2018 fel beleef het. Maar daardie verval begin op klein skaal – in die voorhuise en agterplase van gewone Suid- Afrikaners – voordat dit groter en buite beheer kring. Mag die nuwe jaar nuwe hoop bring, maar ook nuwe moed.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2019 projek