Jongste aktiwiteit:

Roekelose Mallemeule

Roekelose Mallemeule
ons spoed op ‘n roekelose mallemeule
perdjies in besoedelde kleure
spring op en af op holdol musiek
ons klou teen die oornagwinde van verandering
joker speel alleen sy skaakspel
skuif swart teen wit op wit en swart tot skaakmat
giggelend vryf bidsprinkaan handjies te same
sy stortkop bied umunitiet
kommandowurms vreet ons mieliepap
moederstad het nog water vir negentig dae en ‘n dag
die aardkors vloek brullend teen zamazama-grawe
Ashaad het nie mediese hulp nodig
hy voer die kinders sjerbert in Sirië
laat ons dan nou die piesangbome bestyg
aaptwak is wettig
saam sal ons staan
val ons dan spat ons soos kwik uitmekaar
dus bly ons nou maar deur die blare
en hoog in die takke
op ons eiland in suidste Afrika

Ronel©
2017/05/04




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed