Jongste aktiwiteit:

droom in turkoois

droom in turkoois

met ons neuse blinkwit van sonbrandroom
toegedraai in die geur van goue kokosneutolie
wieg ons saam oor turkoois en indigo golwe
besigtig ons hoe dolfyne boogspring – ek en jy
op “Meeru Island” se love boat in die Maledive
visse lint kronkelend deur ons bene in vlakwater

vroegoggend muesli joghurt en stroopsoet papaja
lui-lekker lê op spierwit strooisuiker strande salig
ontspan ons met voëlgesang langs water silwerblou
beplan ons ons aand van heerlike kreef en kaviaar
nou eers tyd vir skubaduik snorkel swem en sweef
seesproei fyn druppels geluk oor ons liefdesvlam

weglê smul aan oranje-goud kreef en kaviaar
lang slukke lekkerte aan bruisend sjampanje
wyl ek veilig verdrink in jou seegroen poele
liefkoos jy my met jou oë op my alleen gerig
sensueel sag salsa jy heupswaaiend na my
as ons passievol eenword in ons paso doble

op die aand van sint Valentine ryg ons halssnoer
van turkoois krale – onthou in hemelblou …

©Marlene Erasmus
15/02/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed