Uurglasliefde
Uurglasliefde
In my vlees steek jou duwweltjie-dorings vas,
druppels seerkrybloed verskuil, en
agter my glimlag verskans,
want gister het jy alles, ook my hart, gebreek.
Ons het die uurglas omgedraai,
telkemale weer oor begin,
maar jou oë het bly dwaal,
in liggaam en siel het jy my verraai.
Die uurglassand het nou vir ons uitgeloop,
ons tyd is finaal verby,
die gordyn is dig toegetrek,
want liefde het jy vir plesier verkoop.
© Lynne Lexow
2 Kommentare
-

Zebulon Kochk
Wow 😱💯👌💞baie mooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek - TYD