Straatdigters
Ek sit geduldig en wag
hier vêr van die samelewing
alles is stil en in orde.
Ek soek die woorde
wat my siel tot stilstand sal dryf.
Ek soek die woorde
van die straatdigters, so rou, so opreg.
Jy sien mevrou,
jy is reg,
jy weet van beter,
jou woorde kyk op ons neer.
Jy was so besig
om jouself te ooreed,
jy het vergeet wat
jy op ons strate geleer het.
Aan jou sê ek dankie
ek het lank gesukkel,
lank was ek ‘n verdwaalde digter.
Maar soos u dit stel:
Straatdigter.
Woord besoeker.
My siel skryf
sonder bundel
sonder pretensie.
Daar sal jy my vind saam
my eerlike woorde.
Kom soek ons as jy verdwaald raak,
as jou siel die regte w o o r d e soek.
(c) Regardt Belo
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.