Namakwadaisy
Namakwa daisy
Ou rooiproppie,
Ou rooiproppie
Vir jou wil ek nie los,
Jy is mos my kos.
Vanaf vroe môre moet ek dink,
Hoe om jy nader te wink
Uitvaltyd vanmiddag,
Wil ek jou loop ledig
Sommer so van die eerste dop,
Sit jy reguit in my kop
Jy maak my mos sterk,
Om my claim af te merk
Nog vroeg is die aand
Is ek skoon verwaand
Jy maak my mos ryk
En wil ek voor almal pryk
Na die eerste bor’l
Is ek besig om te gorrel
Jy maak my mos slim
Om in argumente in te klim
Nou is jy leeg,
En die wêreld is skeef,
Die bar maak toe
En ek het noggi genoe
Namakwa daisy
my ou meisie
jy het oorleef,
lieberstein en seebries.
Ou rooiproppie,
Ou rooiproppie,
Vir my wil jy nie los,
Jy maak net my tong los
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.