Jongste aktiwiteit:

Liefde Verloor

As liefde die siel sou verlaat,
is dit wat nou oorbly dan net apatie,
of is dit dalk haat?
As liefde vir dié een
die liefde vir dáái een laat kwyn,
was dit ware liefde, of liefde geleen?

Waar bloed nie kan loop nie
daar kruip dit, is wat hulle sê,
maar as die bloed dan gestol het
en net in droë plasse bly lê,
is die loop en die kruip nou vergete
en die liefde wat is word die liefde wat was
en die drome en vreugde verdwyn
en die sekerheid minder as net ‘n vae wete
want die liefde wat warm was nou,
verdwyn en verdof soos ryp in die kou…

©Anton Bosch 23/05/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed