Die winterbroer
Hy het om die draai
kom loer
met sy witkombers
op die vloer kom lê
sy koue vingers
omhels
soos ‘n pels
hy die winterbroer
my wêreld
kom nat
in kleur
met sy
waterkwas.
©morné du preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek