Stof dier
Ek is ‘n stof dier
geheg aan my drome
en verstrooide nagmerries
gekleed in woorde
geklaag vir vrede
betas met vervloekte
karkasse vol ideas
ek haal myself aan na
die verloorde wyse woorde
van my vader en die
gemaan van my moeder
koester ek soos ‘n adder
in die son
om aan ‘n dooie rot
vreugde te vind
die stad is ‘n jagveld
‘n jagveld van haat
en liefde
en soos stof en dier
mekaar ontmoet sal
die klaag liede gespeel word
en al die stof diere terugkeer
na die gemaan van hul moeders.
©morné du preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.