VASGELê VIR ALTYD
Ek’s die siel in skadu’s, soos kaf uitgewerp,
oor my woorde wat vloei soos trane,
wat uitdrup in geskryf.
Verwek om te dig, oor my hart se seer emosie.
Vasgevang in ink,
Sonder die klank van my stem.
Om in toekomstige dae
te weerklink in voordrag
of selfs net deur enkel siel.
Sal my hart dan weergalm
wat my lippe graag wou sê
vir ewig in papier vasgelê
PAULA PAXTON©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.