Die wind kind
Die wind kind
Sy was die wind kind
uit die kamer van die boom
sonder aarsel sonder skroom
draf sy weer werk toe
hierdie keer vir oulaas weer
met ‘n nuutgevonde hoop
om kos vir haar kind te koop
haastig om te help
selfoon gereed om te laat weet
in haar hand…
maar aan die ander kant
van die swart pad
wil sy wees; nou wees
maar sy kyk nie
hoe dit bo lyk nie
sy gee weer die eerste tree
asof sy wasgoed was
klere stryk
of die vloer blink vryf
ken sy nie stadig nie
dis finaal; sy is kom haal
die groen ambulans se sirene
roerlose gebreekte bene
haar wasem op die ruite
vanuit stof, lewe in stof
het sy ons gewys
hoe die mens sy skepper moet prys
wat diens waarlik was
die gewemel in die hemel
is vir die eregas
uit die boomkamer se as
as sy in haar rusplekkie indraf
met haar voete op n nuwe roete
vry van koue en vrees
sagkens en knoes in Sy gees
…vir ewig
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2019 projek