Jongste aktiwiteit:

Harde Bene

Sonder woorde of rusie
leef jyself die illusie
van gewoonte met liefde vergis
Niks meer niks minder
as dít wat dit is;
die som van alles
wat jy innig betwis

soos daai stokou jigsiekhond
(sonder tande in die mond)

wat leepoog staar
vanwaar dit bekaf kluif
aan harde bene
wat jý hom maak kou –
terwyl jy klou en karring
en strykdeur hamer
aan ʼn ding wat lankal
afgemaak moes wees

©Loretta Szikra




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed