Jongste aktiwiteit:

Net jy nou! Elke dag!

Net jy nou! Elke dag!

‘n Roos, vars in die lente tuin van die lewe is jy
saam met jou, deel van jou, ewig, voel ek tog vry
sonder jou, wesenlik,voel dit of my innerlike pynlik ly
aan jou, liefste, moet ek, altyd my ewige liefde bely

droog, naak, vaal, seer, soos die winter velde, koud
soos myne, diep, donker, verlate, leeg sonder goud
afgebrande bome, swart, mistig, digbeboste woud
is my lewenswandel, sonder jou, sonder enige behoud

altyd, elke dag, bewus van jou nabyheid, in die gees
bedroef is ek, vrolik wil ek, tog net in myself wees
ure, minute, tik stadig, seker verby, my stem word hees
my geroep na jou hier binne, is luid, dis sonder enige vrees

my nagte gevul, met gedagtes, met drome van net ons
drome wat my diepste wese, my binneste selfs laat frons
dis die saamwees, ons, die elke dag, my innerlike gons
jou, wil ek hê, ewig, jy is die een, nou, altyd, nie net soms

so weet ek dan, die tyd is nou, ons twee is vir ewig saam
ons sal roei, die boot van die lewe, met ‘n liefdesspaan
sou winde, storms, golwe, verwoestend, vas teen ons slaan
sal my liefde vir jou, in die ewigheid, nooit, nooit, ooit vergaan

Kopiereg © Wilfred (Willy) Funchal




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak