meester glasblaser
met geoefende hand
draai die groot meester
die glashouer en skep hy
vir die ongeoefende oog
asof uit niks voorwerp
wat glinsterend blink
soos onmoontlik
lyk maar wel
bestaan
so
skep
die Meester
van alles en almal
vir elke deeltjie van
bestaan van Sy
meesterstuk
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Lees asb mooi waaroor die Desember projek gaan .. Dans asof niemand kyk nie... Hierdie is n pragtige gedig maar pas nie in by die projek se opdrag nie