Dans asof niemand kyk nie
o die wind wat so waai
hier oor st helenabaai
my lyf wil net saamdans
met elke flap en flans
gaan haal die reën vriend
bring dit soms onverdiend
speel vir ons die wysie
met elke skuifel trappie
o die wind wat so waai
waarin seemeeue draai
laat my sing en stil dans
my ou lyf se laaste kans
in sagte druppels reën
dans ons sonder ween
laggend speel ons sommer
het ons weinige kommer
op mooi st helenabaai
dans ons tot hanekraai
wals ons in son se baan
tot sy strale onder gaan
©Teárlach
4 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2019 projek - Dans asof niemand sien nie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Marsofine
Wow, so pragtig en vrolik