Jongste aktiwiteit:

der dom

my duin is ewe skaflik vanoggend
dit is asof daar ‘n spesiale stilte heers
oral uit die wit huisies borrel kinderstemme
duidelik opgewonde oor wat met hul gebeur
tussen berge van besware en vooroordeel
bly hierdie dag nog steeds ‘n fees
kersfees – Christus fees
dag van ware liefde
van verblyding
vir die Verlosser
wat gekom
het
om
vir
jou
en
my
te kom
instaan
sodat
ons
ook
die
ewige lewe
kan ingaan

©Teárlach
(‘n Spesiale groet aan elke ou mens wat nie kinders of klein kinders het om hul liefde aan oor te dra nie)




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed