leierskap
sterk en vors staan die leier
sterk van inbors en integriteit
sy stem nooit onnodig luid of orig
woorde eerlik bedink en geloofbaar
sterk en beslis is sy besluitneming
lei hy van voor af en altyd gerig
foute kan hy maak as mens
maar nederig genoeg is hy
om dit persoonlik te erken
wie is hierdie leier dan
dit kan jy of jy wees
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2020 – OOP projek