Seisoenaal
ek was jonk en vry
het in die lente
waaghalsig rinkink
kommerloos en dartelend
gesystap elke stormwind
om met volheid van somer
tot volwassenheid te groei
drome gejaag, potensiaal bereik
uit vrug saad geskiet
waarmee ek trots pryk
met taan van groei
is my hande deur herfs geboei
laag vir laag my menswees geskil
om naak, van inhibisies gestroop
my weerloosheid te onthul
en nou, in die winter
smag ek na rus en stilte se vrede
wetend dat saad geproduseer
seisoenaal hul eie siklus volg
terwyl ék – stelselmatig disintegreer
©Driekie Grobler
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2020 – OOP projek