Jongste aktiwiteit:

WAT IS DIT?

WAT IS DIT?
(Brons)

‘n Ma smeer altyd bietjie spoegies aan haar kind se wonde. Boonop gee sy haar liggaam en haar tyd vier-en-twintig-sewe vir hulle op. Sy leen ‘n oor aan haar man se geselsies, of soms selfs die gekerm of kla. Haar vrinne dié sien haar ook soms. Sy bestee haar tyd selfs aan om aan die huis te gee, sodat die huis spiek-en-span lyk. Die kos reuke en geure wat die huis vul.

WIE SMEER SPOEG AAN ‘N MA SE WONDE?

Ja – alle kwale van ‘n mamma. Jou vreesagtige gevoel dat jy nie goed genoeg is nie. Nie goed genoeg as vrou, as mamma of as vriendin.

Gee jy genoeg vir jou man? Luister jy net met ‘n halwe oor. Oordeel jy te veel en aanvaar jy te min. Neem jy sy posisie in omdat hy nie tot jou standaard voldoen. Is jy ooit die vrou wat God wil hê.

Met die kinders begin dit by natuurlik of keiser. By blikmelk of borsvoed. Borsvoed jy, moet jy stop by een of twee of drie. Stem jy saam die skool stelsel of wil jy tuisonderrig. Skel jy té hard of empatiseer jy te min. Probeer jy ooit verstaan. Probeer jy ooit genoeg. Kry jy jou swak gemoedstoestand soms goed genoeg weg gesteek.

Die vrae – is jy dan so anders dat jy te anders is. Waar pas jy ooit in by mooiweers-vrinne, anders as tyd wat hul nie verontrief om jou daar te hê nie. Effens deel, maar heeltemal uit in ‘n sekere vriende kring. Is dit deels jou lewenskeuses, omdat jy kies jy stuur jou huishouding self. Is dit jou finansiële las, want jy kan nie bekostig wat hulle kan. Is dit omdat hulle jou kon help red, maar nou is die daad gedoen en die vriendskap sommer ook daarmee heen.

WAAR PAS DIE LIEFDE IN?

In ons daaglikse lewe sukkel ons soms om deur die voortbeur geliefd te voel. Wat is liefde dan?

Die klein gebaartjies van jou man. ʼn Piksoen op die wang. ‘n Koppie koffie aandra of voete met room smeer.

Jou kind se eenvoudige glimlag met ‘n glinster in hul oë as hulle vir jou kyk. Daai apie-agtige drukkie of hang sessie. Die woord “mammie”

‘n Onverwagse geskenk of ‘n genooi vir ‘n koffie. ‘N Pad van groei in geloof saamstap.

Maar wat as die liefdeloosheid jou by tye jou om tuimel asof ‘n mat onder jou voete uitgeruk is? ‘n Gebaar wat dalk nie gebeur het nie? Die seer?

VIND DIT BY HOM

Net by God kan ons ten einde ‘n kuur kry vir ons kwale. Liefde sonder perke. ‘n Plek waar daar aan ons wonde ook ‘n bietjie spoeg gesmeer word.

©️Tania Pascheka
20.09.2020

(454 woorde)




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed