onrus
die onrus sit in ‘n frons
oor haar mooi gesiggie
winde verander en ruk
en pluk daagliks sterker
gedagtes in duister gegiet
ure en dae in niks vervliet
broei die onvervulde droom
knaend aan haar hart-soom
moeilik is die vrou-word
volwassenheid te bereik
altyd onverstaanbare lot
gegiet in wêreldse kruik
vandag is daar ‘n laggie
vriendelik en heilsaam
môre dalk iets anders
see het mos branders
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.