Wat is die gevoel? (Brons)
Gevul met ruikers
en lekkergoed so soet,
pret in elke opsig
en oorvloed in jou goed.
Maar eerder
bystand as siekwees
sy kloue in jou skeur;
die dood amper wou wink
by jou tweemansdeur.
As woede kom skroei
oor verskille wat ons voel
en wanmoed se seer
oor jou hart kom spoel
maar vasstaan,
want liefde is gee en neem
al maak dit soms ook seer.
Want van onvoorwaarlik liefhê
is wat God se Woord my leer.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek