sinloos
–
op my duin sit ‘n man
die strale van oggend son
teken swart skaduwees om hom
dit kruip deur yl hare en kleur sy kop
brand selle bruin onder sy vel en hare
seebries verdamp sweet druppels
wat op sy vel vorm van die hitte
redeloos kwaad kan hy tog nie
wees oor hitte van die dag
aanhoudende hitte bak
vog uit oor die see
bring weldra
welkome
reën
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.