In jou geëts
In jou geëts
in die voornagdroom
tokkel jou hunkering
ritmies op my hartsnare
gly onsigbare vingers
in presiese druk
sagkens ruggraatlangs,
dwing hemelse akkoorde
vanuit slapende lendene
kommandeer tamboere
om in vlamduet te dans
sodat vuurtonge rinkink
droë takke weer opvonk
spiraalgerook beneweld
sintuie sneller in sinaps!
herrinneringe verdrink
in stormwaters golwend
sluimerwaters talmend
in passievolle kus gewek
bars oor my kranse –
stormwaters aangerol –
slyp my binne eb en vloed,
ritmies…
vorm my in maalkolk
se tornado-oog
suig my op
spuug my uit
tap my drempel –
ek dra jou stempel…
©️Bonita van der Berg
13/04/2021
Fotokrediet:designswan.com
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.