Jongste aktiwiteit:

Veranderings’bestuur

Wanneer verandering plaasvind is dit soms nie maklik om jou gemakskoene uit te trek nie. Dit is onafwendbaar, in elkeen se lewe vind dit van tyd tot tyd plaas. Om die waarheid te sê, enige konstante ding in die lewe is blootgestel aan verandering. Verandering speel rond met jou emosies, sommige mense hanteer dit makliker ander sukkel weer om hierdie gedagte van nuwe dinge te aanvaar.

Die beste manier om verandering te verstaan is om te fokus op die nuwe, en die ou lewe agter te laat. Om op een plek stil te staan is nie goed nie, jy hou ook op met groei en stagneer.
Soms kan nuwe uitdagings ‘n tweespalt en negatiewe gevoellens agterlaat. Dit laat mens half ongemaklik voel oor sake.

Jesus sê in Matteus 9: 16 dat mens nie ou klere lap met ongekrimpte materiaal nie, want die nuwe lap skeur die klere nog verder. Jesus Christus bring nie restourasie nie, maar redding, nie die opknapping van die ou orde nie, maar die skenking van die nuwe.

Niks bly soos dit is nie, die gevoel om ontneem te word van jou eie persoonlike werklikheid is onvermydelik. Ons voel veilig in wat ons het. Hoe meer jy dit waag om veranderinge te maak hoe makliker raak dit. Hoe meer jy vir jouself sê, jy weet nie wat kan gebeur nie of kan jy dit vertrou hoe meer gaan jy begin twyfel.

Whew! Stop net daar en klim uit die bus. Verandering moenie vrees wek nie, dit moenie onsekerheid of jou ‘gerattle’ laat voel nie.  Dit ‘n konstante normale verskynsel is. Verwelkom dit, die lewe is ‘n ontvouende misterie hier op aarde.

Laat elke fase van jou lewe onversteurd voortgaan, dis nie losstaande voorvalle nie dis doelbewus op jou pad geplaas. Op die einde het elke verandering die groter prentjie gemaak van waarheen jy oppad is of was. Stukkies spatsels kleur, ‘n dowwe beeld kan die mooiste skildery word. Tyd is die heelmeester van elke plan, laat tyd toe om sy eie gang te gaan, en oor jou  te spoel soos golwe.

Die lewe is ‘n avontuurlike reis, en elke nuwe dag, jaar is ‘n geskenk. Jou lewensdae is al aan God bekend nog voor jy gebôre is.
(Ps. 139:16), en wanneer my tyd om te vertrek eenmaal aanbreek, sal dit wees “soos ‘n gerf wat op sy bestemde tyd na die dorsvloer gebring word” (Job. 5:26).




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed