Luiperd – diereryk se trots
Luiperd – diereryk se trots
stil geruisloos lê jy daar
bespied die vlakte wyd
gekamoefleerde lyf
vol kolpatrone uniek
jou oë mis niks
prooi in jou visier
wegkomkans skraal
jou spoed fenomenaal
een van die groot vyf
ons land se trots
kosbare diereskatte
aan mens toevertrou
mag ons nageslag ook
jou in natuurlike habitat
met groot bewondering
geniet en uniek ervaar
©Marianne Buys
04 Junie 2021 07:53
Foto Pinterest
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.