Beton Mens
een loop
soek na ontwikkeling
waar fondasies onseker
wankel met nuwe tegnologie
in hol pype
ander bly
in gister sekerheid
fondasie grys stabiel
spanning binne
wetenskaplik geskaal
baie set
as sagte papies
wat ontvou as vlinders
soekend na
ń ander strukture
vele stol
droog kliphard
in eie fondasies
sekuur gelê as
ń steunpillaar
in fondasie slote
horisontaal in beton gegiet
het steunpilaar en reisiger
ewekansig
ń rusplek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.