Niemandsman (Goud)
as jy van niemand praat nie
van wie praat jy dan
en kan daardie niemand
dalk tog ‘n iemand wees
die alleenheid van die niemandsman
spieël die afguns oor sy lewensgang
al is die iemand wie dit spreek
self ook niemand van belang
ja skugter staan die niemandsman
in die spraakskadu van skande
as die teiken van ‘n teistertong
swerf hy deur dorre niemandslande
dalk in die sterfte van jou stem
maak jy van niemand iemand
en sal niemand ooit kan sê
jou iemand maak hom niemand
A Fourie
12.04.2021
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek