In ‘n nuwe huis (SILWER)
In ‘n nuwe huis
(met ‘n glasruitstort)
Dis suiwer seën
soos die stort
al my stofstrepe
en sukkelswaardra
wegspoel.
Die druppels reën
en dit word
genadegrepe
sonder dat ek vra,
en voel
net soos reën
wat dor aarde seën.
©ASvdMerwe
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2021 – Positiwiteit projek