Dans van die seisoene (Silwer)
Op maat van die seisoene se sleepvoet-wals
Kom Oktober se bloeiselballerinas
Tippie-toon tevoorskyn
Om die baan te open vir
Blomme en vrugte vir die lente
Ellelange snikheet somersdae
Roes en goud vir herfs se oumensjas
Matelose winterkou’ om te ledig tot die droesem
Alte wonderlik is die ritmiese herhaling
Aljander aljander so jaar vir jaar
Niks en niemand sit uit met
Die dans van die siesoene
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.