Jongste aktiwiteit:

‘n Somersdag deur ‘n kantgordyn

daar was ‘n sagtheid daai dag-
amper so ‘n reinassance gevoel

karma posisie no 67
sweet op sweet
het ons lywe mekaar geheet

blare wat in die strate buite joel
die aarbei geur van jou lippe
asemdiep in die klopstamp van my hart

oomblike vlieg verby
met die klapwiek van tydlose vlerke

op ‘n kerk se dak is duiwe soos plakkers geplak
en ‘n geelbruinkantgordyn laat die wêreld in

na jou krete het ek nie geluister
want poësie is nie alleenlik mooi

en litsels van woorde
deurskaaf ‘n ouverweerde vel

©Morné du Preez




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed