Jongste aktiwiteit:

Laat Oktober (Goud)

Oktobermaand het laat gekom die jaar.
Koes-koes op ‘n lentebries half kuiserig verskyn.
Tot die vietste van die vaal gras wou al weet,
Of die namib oor hul naaktheid tog ooit weer gaan verdwyn.
Baie kenners van die weer
En slim sieners van weleer,
Raai raak in hul voorspellings;
Maak korreksies in hul tellings.
As Oktobermaand so laat is en
As die winde windwaarts waai,
Neig die weerman tot ‘n wankel en
Draai die reën ‘n Kaapse draai.

Andries Fourie (Seirdna)
17.10.2021




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed