wedersydse liefde
–
ek is lief vir die mooi blou see
my liefde kom van ver terug af
toe ek nog klein en soekend was
–
op die laaste bulte voor die see
was die groot kompetisie aan
oor wie sien die see dan eerste
–
by die strand (waar net see was)
eers kamp opslaan en dan see-toe
baljaar van vroeg tot laat net daar
–
of die see egter so lief vir my is
sal ek seker nooit regtig weet nie
ouderdom vertel dalk sy eie storie
–
baie mense trek terug binneland toe
ek het egter tuis geword langs die see
hier sal ek staan tot golwe oor my slaan
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.