Jongste aktiwiteit:

Uit my hande

In my hande het ek jul nog kon toevou
reenboogmooi my twee klein duifies
vinkel en koljander nie een soos die ander
het jul verskil van mekaar
my groen oog nooi en my blou oognooi
vlooi en plooi het ek jul soms genoem
vandag nog so af en toe…

maar julle het groot geword
en elkeen sy eie paadjie uitgewerk
soms met baie gebede van my kant af
sonder dat jul dit eens besef het
party maal het julle ook afgedwaal
van die pad wat jul eintlik moes loop
maar dit het ook gou weer vervul geraak

met jul eie vlerkies vandag
het jul hoog gevlieg
weet ek vandag my dankbare hart
is elke oomblik met julle
sou ek nooit die pad anders wou hê
as juis ons liefde vir mekaar
reenboogmooi het julle ontdooi

uit my hande is julle vandag
en ‘n sielevrede rus diep in my
want wat ek agterlaat vir julle
weet ek sal dit nog ver
goed gaan met julle
julle vlerkies is nou gesprei
die diepe wereld in

@Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed