onskuld in sonneblom (SILVER)
onskuld in sonneblom
met vlasblond haar en pienkbloswang
snuf jy soekend na aroma: glad nie bang
om jou vreugde te vind in goudgeel blaar
as jy jou stil-stil by sonneblomvriende skaar
armpies uitgesprei reg om plesierig te pluk:
arms vol sonskyn-onskuld in kindergeluk
selfs in jou babaskoen straal jy alom
waar velde vol sonneblomme opkom
die sonneblom is aan’t blom in sy glorie
hier vind jy vrede in vreugde van jou storie
maak nie saak waar jy jou bevind
met jou sonskynlaggie is jy so bemind
met die glans van glinsterende sonlig
wat wegkruipertjie speel met jou gesig
verberg in vreugde van sonneblom
weet jy waar vreugde vandaan kom
as jy kommerloos vry en vrolik speel
waar jy ronddans in sonneblom se geel
©Marlene Erasmus
05/11/2021
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek