Jongste aktiwiteit:

kern gedagte


ragfyn loop dit deur die jare
deur die geslagte van die Vader
vorm dit dié boodskap van alles
wat moeite werd is om te onthou
wat sou ons daarsonder kon wees
waarmee sou ons kon bou in vlees
sou ons die regte pad kon volg
nie afdraai en verlore raak
stellig nie, dalk heeltemal
die pad byster raak, verdwaal
en nooit ons bestemming bereik
so is die evangelie van ons Meester
die goue draad van ons bestaan
soos die wit soom van branders
wat telkens die strand kom verf
met die geur van sout uit die golwe
so die geur van Sy teenwoordigheid
in en om ons strydende lewens
soekend na geluk en vrede
vir die lewe van die hede

©Teãrlach




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Tertia het n geregistreerde lid geword

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak