Nessun dorma (silwer)
‘n Onbekende prins wil sy naam betuig
nietemin sal geen sag slaap;
‘n stem streel die kykende sterre
oorwinning, oorwinning helaas!
Die tafereel is geset vir komplot
soos ‘n gehoor die nag in betoor
en wyn klink en skink
voor dagbreek sal die prinses almal bedink
nostalgies soek elke oog en oor
tussen ritsel en tenoor
hoe sal die storie sy einde bring?
wie nie slaap nie sal moet sing!
Vinceró, Vinceró!
al wat man en vrou,
nou nog moes hoor-
buig hy voor hul neer.
#Tafereel-sinoniem vir drama/toneelspel/vertoning
©Morné du Preez.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2022 – Drama projek