Jongste aktiwiteit:

geknakte fluit

–
die melodieë wat uit jou vloei
versag die harte van konings
dit neurie aan deur die eeue
–
geknak is jy en weerloos nou
lê jy op die sand van die lewe
reg om weg gegooi te word
–
lap en plak ons mense jou
sagte woorde van empatie
wat jou nooit weer laat sing
–
al wat weer jou musiek bring
is die Maker wat jou herskep
uit ‘n nuwe sagte loot van riet
–
©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Theresa het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Theresa het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Theresa Lid se profiel foto het verander