geknakte fluit
–
die melodieë wat uit jou vloei
versag die harte van konings
dit neurie aan deur die eeue
–
geknak is jy en weerloos nou
lê jy op die sand van die lewe
reg om weg gegooi te word
–
lap en plak ons mense jou
sagte woorde van empatie
wat jou nooit weer laat sing
–
al wat weer jou musiek bring
is die Maker wat jou herskep
uit ‘n nuwe sagte loot van riet
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.