Lewensreis
Lewensreis
©Ans van Rensburg
Ek ken die lief en leed van die lewe
Uitbundig lag en snags huilend bewe
Niemand het beloof die lewenreis is maklik
Soms is dit wreed en uiters walglik
Die mens het dood oor my lewe gespreek
My familie neem stilweg afskeid harte gebreek
Ek sien hoe die lewe daagliks uit my oë verdwyn
Besef ek dat ek nie kan lê en verder wegkwyn
Die dood bekruip my al nader laat een nag
Ek smeek dat my pappie by die hemelpoort vir my sal wag
Die Here stuur sy engele om my te bewaar
Sal my beskerm teen elke aardse gevaar
Ek is nog nie klaar met hierdie lewe
Te veel mooi waarna ek nog strewe
Ek lewe nie een dag verder in vrees
My Vader sal my verseker genees
Oortuigend het ek opgestaan met die besluit
Maak die beste van elke dag en lewe voluit
My lewe is in die Vader se hande
Met Sy mag breek hy al die bose bande
Verklaar LEWE; dit laat die duiwel bewe
Verklaar GOEDHEID; dit verdryf droefheid
Verklaar GUNS; ervaar die wins
Verklaar GENADE; beleef God se wonderdade
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.