deur Tearlach vir Gedigte, Maart 2023 - OOP projek Share: verwante: Liefde vir altyd ‘n Herfsnamiddag op Stellenbosch 2 Maart 2023 512 gesien 1 Kommentaar 0hou van kleinste (Silwer) ek was die kleinste van my pa se kinders ek het skape opgepas my hande het orrel en harp gespeel . maar Hy wat Here is het Sy engel gestuur om my as koning te salf my broers was almal groot en sterk . die Here het nie behae in my broers gevind nie, maar vir my het Hy uitverkies . ek het goliath ontmoet hy het my besweer met afgode maar ek het hom tussen die oë met ‘n ronde klippie getref . die Here was met my toe goliath dood neerslaan en ek met sy eie swaard hom onthoof het . so het die Here my krag en wysheid gegee om die eer van my volk daarmee te herstel . ©Teárlach Rapporteer inhoud Issue: * Kopiereg inbreuk vuil taal Ongeldige Inhoud Your Name: * Your Email: * Details: * Handig verslag Vorige volgende
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2023 OOP projek