Jongste aktiwiteit:

keer terug

keer terug
geskryf deur Dale Penderis ©

vanoggend open ek my oë maar swaar
maar as ek bly lê
sal ek mis wat Hy sê
Sy woorde wil ek graag bewaar

skryf op wat jy hoor en verkondig dit wyd
van die dinge wat kom
van Noord en van Suid
die Ooste en Weste
ook ingesluit

sewe basuine en skale vol reukwerk
Ek sien julle harte en ook julle dienswerk
harte wat lou is, nie koud of warm
jul dink jul is ryk, maar is eintlik arm

keer terug na My en raak eens weer brandend
na die egte Woord
die boodskappe salwend
eet My Woord, eg, onvervals
en leer by My wat dit als behels

als is geskryf, dít wat Ek jou sê
maak tyd om te lees, dán sal jy weet wat Ek wil hê
broederliefde, naastediens, te sorg vir die wees
dis praktiese Godsdiens vir dié wat hier lees
bid vir jou vyand en seën dié wat jou vloek
dit staan so geskrywe in die Lewende Boek

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed