Volhard
Volhard
geskryf deur Dale Penderis ©
25 Mei 2022
my siel ken van winter
weke aaneen, grou en grys
dis wat die terugblik op my lewenspad wys
maar nooit wil ek dít wat ek
moes ly
verruil vir n lewe met geen betekenis daarby
want op elke moeilike pad wat ek deurstaan
deur die krag van die Here
was ʼn weg vir my gebaan
die vyand het gedink hy kan my verslaan
maar my God het planne van vrede beraam
daarom kies ek om in Sy Woord te bly
myself gelukkig te ag deur beproewinge te ly
ek strewe na heiligheid met klere al witter
soos ʼn juweel in ʼn koning se kroon te skitter
net goedheid en guns sal my volg al my dae
Hy gee dit aan dié wat opreg vir Hom vra
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.