Gemoedsvennoot
Augustus projek /Musiek
Gemoedsvennoot (Magda vd Walt)
Klokke lei my na koor en orrelklank
met ‘n seëngebed in gemeentesang
waar ouers bring hul kindjie klein
weerklink die mooiste mooi refrein
Kleine kindjie gou-gou groot
leer met ritme die do-re-mi noot
Doef-doef klop die ritme by fees en vuur
waar tieners dans tot middernag se uur
liefdesmelodieë speel vir later se onthou
niks mooier as die troumars vir beloftes van trou
Vergeet nie die treffers van toeka tot nou
speel vir my ‘n lied uit gister se onthou
Stilte skuif tot styf langs my
stiltes verkrom woorde rondom my
stiltes met grysheid vervreem
stilte..waars die woorde en klanke dan heen
ritme liriek en noot
gebore gemoedsvennoot
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2023 – Musiek projek