Jongste aktiwiteit:

My grondgebied-genade

My grondgebied-genade

dag na dag het genoeg genade vir my want …

 

die grond onder my voete het U gegee om te betree

elke asemteug en dag aan my geleen

my hartklop die ritme van U liefde vir my

my aardse woning geskenk om U te eer

 

elke paadjie wat ek neem is my keuse wat U gee

U genade vir rus en vrede my van Bo ‘n seën

om U kind te wees en myself aan U opdragte te wy

U my Leermeester Wie my elke dag leer

 

as die afdraai-donkerte om my lewenspad vou

sal U my kom haal met U skitterende Lig

waarmee ek met vertroue elke tree kan gee

op my genade-grondgebied deur die hele wêreld heen

 

U lei my na plekke waar ek rus sal vind en U my sal vashou

vrede en vreugde waarheen ek kan vlug

en dankbaar elke aand my hoof kan neerlê op die onbekende weë

waarheen ek U volg op U grondgebied wat U aan my leen

©Kopiereg Linda du Plessis 2023




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed