Jongste aktiwiteit:

DRUISRYK (SILWER)

In druisryk se dans, waar waters dreun,
versmelt dit met winde wat wild om my steun.
Strome sproei oor die rotse ’n blinksilwer baan,
en vloei in die klowe met klanke nimmergedaan.

Die see sluk die son in ’n vlammegloed se kleur,
waar golwe geduldig deur sandduine beur.
Riviere se lenige vingers gryp vurig en vry,
terwyl golwe oor rivier se sandbanke gly.

Druppels tik ritmies op bome en blare se vlerk,
met die reën se gesang soos klokke in die kerk.
Water is lewe vir mens en dier se bestaan,
in golwende ritmes, onstuitbaar geslaan.

Water is lewe, dit bou en dit breek,
dit skep en verskuiwe, dit voed en laat week.
Sonder sy ritme sou alles vergaan,
’n dorstige wêreld, net ’n stil, dooie laan.

©MarleneErasmus
28/02/2025




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed