Najaar
dis nie net die son wat láát opstaan nie
en vroeër na sy lêplek gaan nie
nie net die lower wat verkleur nie
in terloopse afskeid van hul fleur nie
dis nie net die koue wat bekruip nie
met die wingerdoes alreeds gekuip nie
die eerste tekens fluister klaar
hier’s meer as wat die oog gewaar
want ons jeug se loofkleur het getaan
ons kragte struikel oor ons waan
die broosheid het ons inkatrol
refleksie maak gemoedere vol
en langsaam koester ons die raad
gelouter soos ons roes gewaad
©️-cs-mei-2025-
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Mei 2025 – OOP projek