Jongste aktiwiteit:

grim of glim

 

 

senuagtige grim-trek

outomatiese glim-lag

aangenaam verras trek senuwee saam

verskyn daardie skaam-genotvolle-glimlag

is dit erkenning of weersin

is dit da ja voux

senuweedrade kry nie vals boodskappe nie

oubaas brein, solank hy heel is, gee net weer

na aanleiding van sy gestoorde data

maak hy dan die beste antwoord

en stuur dit onversteurd aan

hoe reageer jy op mooi

op die aangename

of op die seer

is jou gesig

al sinies

geverf

of onskuldig

soos diė van ‘n kind

grim of glim voort

dit wys waar jou

siel behoort

 

© Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed