Jongste aktiwiteit:

teen jou rug… (Goud)

…met my wang teen jou warm vel

was jy my dolos

wat my (soms) brose kuslyn

veilig kon hou teen brekende

lewensbranders

 

van hier kon ek die weerkaatsing sien

van jou siel, ingebed in myne

en rimpel-glimpse van mý

wat jou hele wese vol lê

 

wanneer ek nou vaskyk

teen die koudheid van jou rug

en die onverskilligheid van jou skouers

kan ek nie anders          as om

te verlang na hoe dit was nie…

 

© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed